Tydens die sagtebal kamp wat gehou was by Zwartkloof Private game reserve net buite Bela-Bela in Julie is die doelwitte vir die jaar vasgemaak
1. Groei sagtebal by Affies as groot sport
Die jaar is daar 3 O14 spanne gekies en ingeskryf in die liga. Daar was ongeveer 50 spelers by die proewe en uiteindelik speel daar 45 spelers in die onderskeie ligas.
Dink die boksie is gemerk!
2. Word die no 1 sagtebal skool in die Pretoria
Verlede jaar 2022 was Oos Moot die nommer 1 skool in Pretoria.
In die TSSA liga na die rondomtalie wedstryde, O14 eindig 1ste, O15 eindig 1ste, O16 2de en O19 1ste. Elke span kry punte volgens hulle posisie in die liga.
Oos Moot eindig met 31 en Affies met 18
Semi-Finale uitslae:
Die uitslae was soos volg.
0/14A wen Pretoria-Noord 5 – 2
0/16A verloor Zwartkop 10 – 6
0/19A wen Hartbeespoort 15 – 0
In die TSSA Finale eindig die spanne so:
0/14A verloor 10-2 teen AHMP. Eindig 2de. – AHMP 1ste
0/15A wen 12-7 teen AHMP. Eindig 1ste. AHMP 2de
0/16A wen 12-6 teen AHMP. Eindig 3de. AHMP 4de
0/19A wen 18-2 teen Centurion. Eindig 1ste. AHMP nie finale gemaak nie.
In 2023 lyk die posisies so:
A- Liga | A-Spanne | |||||||
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | |
O14 | Oos Moot | AHMP | Montana | Zwartkop | PNHS | Hartbeespoort | Garsfontein | Centurion |
O15 | Centurion | AHMP | Oos Moot | PNHS | Montana | Zwartkop | Garsfontein | Hartbeespoort |
O16 | Oos Moot | Montana | Zwartkop | Centurion | AHMP | PNHS | Garsfontein | Hartbeespoort |
O19 | Garsfontein | Oos Moot | AHMP | Centurion | PNHS | Montana | Zwartkop | Hartbeespoort |
Skool | Punte |
OOS MOOT | 29 |
AHMP | 24 |
Montana | 20 |
Centurion | 19 |
Zwartkop | 16 |
PNHS | 16 |
Garsfontein | 11 |
Hartbeespoort | 6 |
Affies maak die punteverskil net 5, verbeter met 13 punte. By die Juniors is die spanne van Oos Moot en Affies gelyk met 14 punte elk.
Die boksie beslis gemerk by die junior spanne! Volgende jaar beslis vir die seniors ook…